HitteFees
Gaan ons nooit weer .....

WELKOM BY HITTE FEES 2016 !

Dis die 2de jaar wat ons Hittefees in Phalaborwa sal feesvier !  En ja, ons het geen twyfel dat die fees weereens elkeen se voete aan die brand sal laat dans, jol en ja verseker hardloop!

Hittefees is verseker besig om een van DIE Feeste te word wat Limpopo nog gesien het en nerens anders as Phalaborwa.

Net hier in Pallies het ons soveel om te beid, gelee reg langs die Kruger Wildtuin, 100km van die legendariese Magoebaskloof, met natuur pragskoon waar jy verseker die Afrika Son in jou hand kan plaas!

Daar gaan ongelooflike aktiwiteite en aksie wees van jonk na oud, vir elke familie en vriendekring.

Ons wil ALMAL uitnooi om jou stempel by die Hittefees te kom afle.  Van Bergfiets wedren deur na 'n lekker sokkie jol!